Schools

Meer as R17k ingesamel vir DBV danksy vier skole

Verskeie skole het vanjaar aan die DBV se jaarlikse kompetisie deelgeneem om die organisasie te help met sy dierereddingsdoelwitte.

Vier skole van Randfontein en Krugersdorp het kop aan kop gegaan om weer van die RandWes DBV se jaarlikse ‘Collect a Coin’-kompetisie ‘n sukses te maak.

Voorsitter van die DBV, Brenda Eloff, het gesê dié kompetisie word jaarliks aangebied.

Vanjaar het vier skole aan die kompetisie deelgeneem, naamlik Laerskool Randfontein, Laerskool Gerrit Maritz, Hoërskool Monument en Laerskool Krugersdorp-Noord.

Die kompetisie vereis dat soveel as moontlik geld ingesamel en geweeg moet word om die wenners te bepaal.

Die eerste plek wenner was Laerskool Randfontein met ‘n totaal van 46.2kg terwyl Laerskool Gerrit Maritz 23.27kg ingesamel het. Hoërskool Monument het ’n derde plek verower met 15.9kg en Laerskool Krugersdorp-Noord het 6.11kg ingesamel.

‘n Totaal van R17 305.50 se fondse is ingesamel.

“Dit is vir my hartverblydend dat ons kinders soveel liefde vir diere het en dat hul ouers nie geskroom het om te help nie. Ons daag die res van die skole uit om volgende jaar deel te neem,” het Brenda uitgespreek.

Die RandWes DBV sal die kompetisie weer in 2025 met hoë verwagtinge begin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button