Schools

Tweelinge en trots vir nuwe Rappie gr 1’s

Laerskool Rapportryer se nuwe graadeens het die bul op hul eerste skooldag by die horings gepak.

Dit is ‘n nuwe jaar en daarmee saam kom die geluk van nuwe gesigte vir Laerskool Rapportryer. Onlangs het die skool hul nuwe graadeens opgewonde verwelkom.

Die tweeling Gabriella en Isabella Rodrigues se ouers het uitgespreek dat dit ‘n hartseer ervaring was. Nie net is daar ‘n paar trane betrokke nie, maar dit is ook ‘n senuagtige dag vir die ouers. Hulle het bygevoeg dat hulle steeds opgewonde is om die tweeling te sien presteer.

Mia-né Maré saam met haar ma, Anelda.

“My hart is seer omdat my kind so vinnig groot word. Selfs haar ouer sussie is vandag hier,” het Anelda Maré gesê.

Sabastian Deyzel is vreeslik opgewonde vir gr 1.

Beide Sebastian Deyzel se ouers het verduidelik dat dit ‘n baie emosionele oomblik vir hulle was.

Karli Dreyer sien uit vir haar eerste dag van gr 1.

“Ons is trots op hom. Ons kan nie glo hy het so vinnig grootgeword nie. Ons harte is gerus omdat hy opgewonde is vir skool.”

Tokelo Molefi saam haar pa, Tebogo.

Alhoewel dit ‘n baie emosionele eerste dag was, het die graadeens nie geskroom om hul kosbare tyd goed te gebruik nie. Hulle het die dag terdeë geniet.

• Sien nog fotos hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button