Schools

RAM se nuwe gr 1’s hou atletiek

Laerskool Randfontein se nuwe groep gr 1-leerders gee hul alles op die atletiekveld.

Met die begin van die atletiekseisoen het Laerskool Randfontein ‘n atletiekdag gehou vir hul nuwe groep graad een leerders.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het vertel hulle hou die atletiekdag sodat die graad eentjies die verskillende aktiwiteite en atletiek-items kan geniet en gewoond raak.

Amo Modise.

“Die maats het hul alles gegee en veral die velditems soos gewigstoot, verspring en hoogspring was baie gewild. Die dag was ‘n uiterse sukses. Dit was wel ongelooflik warm maar die leerders en ouers het dit baie geniet,” het sy gesê.

Onthla Malatse saam met die hoof Leon Haupt.

‘n Graad een seun, Onthla Malatse, is aangewys as die Junior Victor Ludorum.

Yasmin Viljoen.

“Baie dankie vir die ouers, grootouers en natuurlik die graad een maats. Baie dankie ook vir ons hoof, Leon Haupt, wat die maats die geleentheid gee,” het sy bygevoeg.

• Sien nog fotos hier: 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button