Schools

Rappies-leiers vier met vlamme en braaivleis

Laerskool Rapportryer se leiers het hul merk gelos met 'n prettige leierbraai.

Laerskool Rapportryer se leiers het onlangs hul leierskapjaar op ‘n betekenisvolle manier gevier met ‘n gesellige leierbraai.

Volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel was die aand se tema ‘God gaan voor jou uit’.

“Hierdie tema, wat gegrond is op Deuteronomium 31:8 het by die hoë vure en samesyn atmosfeer gepas. Dit het ook die leerders herinner aan die boodskap dat God altyd saam met hulle sal wees en die pad vir hulle sal gelykmaak.

“Gedurende die aand is die jaar se planne ook bespreek. Ouers en leiers was herinner dat ware leierskap met diensbaarheid begin en dat hulle met hul geloof as fondament nog baie kan bereik.”

Celeste het verder gesê die braai was nie net ‘n geleentheid vir refleksie nie maar ook vir lekker lag, spanbou en om spesiale herinneringe saam te skep.

“Van kaartspeletjies tot starlights aansteek rondom die vuur, dit was ‘n aand wat almal se harte gevul het met blydskap. Die leiers het met trots uitgestap, bewus daarvan dat hulle nie alleen in hul reis staan nie en dat hul leierskap ‘n getuienis van hul geloof en samewerking is. Laerskool Rapportryer se gemeenskap is trots op hierdie jong leiers en sien uit na die impak wat hulle in die toekoms sal maak,” het sy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button