Schools

Kleuters wys hul staal op die atletiekveld

Ramkriekies se atletiek- en speletjiesdag was propvol gees en genot.

Die kleuters van Ramkriekies Kleuterskool het die afgelope tyd baie pret gehad tydens hul atletiek- en speletjiesdag.

Annalie Grobbelaar, Ramkriekies se woordvoerder, het gesê daar is verskeie items waaraan die leerders deelgeneem het, insluitend hekkies, ‘n kaskar- en aartappelresies, boontjiesakke gooi, deur hoepels kruip en nog vele meer. Daar was ook ‘n trein waarop hulle kon ry en ‘n fotohokkie.

Linay Smith.

“Dit was ‘n groot sukses. Van klein tot groot het hulle dit so geniet en van die ouers het selfs gehelp, veral met die kaskarre,” het Annalie gesê.

Ezra Roodt, Zaydee Pelser, Tashunique Wagner en Mnini Khumalo neem deel aan die kaskarresies.

Die verskillende klasse het ook soos kleure van die reënboog aangetrek. Die wat geel angetrek het was die Minions, die met wit klere hasies en die blou Baby Sharks.

Mieke van Denventer word deur haar niggie gestoot.

Sy het vertel elke leerder was ‘n wenner gewees. Little Angels Day Care for Jesus het ook die dag saam kom geniet en gees gevang.

“Ek wil vir elke maatjie, ouer en grootouer dankie sê vir jul sportgees en positiewe gesindheid wat van die dag ‘n sukses gemaak het,” het Annalie bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button