Schools

G’n sirkus by dié sirkel-atletiekbyeenkoms

Ses skole het by Laerskool Randfontein bymekaargekom om mee te ding tydens die Sirkel A-atletiekbyeenkoms.

Laerskool Randfontein het onlangs die jaarlikse Sirkel A-atletiekbyeenkoms aangebied met atlete van ses skole in aksie.

Dian Breytenbach.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan sê die deelnemende skole was die gasheer Laerskool Randfontein, Laerskool FJL Wells, Malerato Primary, Mohlakano Primary, Randfontein Primary en Setholela Primary.

Mia Fouche.

“Hulle het teen mekaar meegeding om te bepaal wie na die subdistriksbyeenkoms deurdring. Op so ‘n dag sien ons elke atleet wat deelgeneem het as ‘n wenner,” het sy gesê.

Rethabile Phage.

Sy het bygevoeg, “Die dag het goed verloop. Ons bedank elke personeellid by Laerskool Randfontein wat meer as hul deel gedoen het om hierdie dag ‘n sukses te maak en ook aan Randfontein Primary wat elke jaar help om hierdie geleentheid ‘n sukses te maak.”

Martin Pretorius.

“Ek is baie positief oor die atlete wat Laerskool Randfontein verteenwoordig en glo ons gaan vanjaar ’n paar atlete hê wat vêr kan gaan,” het Annie gesê.

Chadon Thompson.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button