Schools

Funky Kousedag: Wanneer kreatiwiteit en styl hande vat

Leerders by Laerskool Rapportryer het onlangs net vir die pret met hul kleurvolle en ongewone sokkies uitgeblink.

Laerskool Rapportryer se leerders het onlangs hul voete met interessante en kreatiewe kouse versier tydens Funky Kousedag.

Volgens die skool se woordvoerder, Celeste Wentzel, was die gange gevul met kleur, kreatiwiteit en styl toe leerders hul snaaksste kouse gedra het.

‘n Stel pompomkouse.

Van helder pienk kouse tot lipleklekker roomyskouse en selfs pompomkouse – die Rappies het uitgehaal en gewys!Onderwysers het ook deelgeneem, en die atmosfeer was vol energie en opgewondenheid.

Die leerder dra haar helderpienk kouse.

“Van helder kleure en modieuse hoede tot unieke bykomstighede – die Rappies het gewys dat hulle nie net akademies en sportief uitblink nie, maar ook ‘n sin vir mode het! Hierdie inisiatief is geloods om skoolgees te bevorder en leerders die kans te gee om hul persoonlikheid op ‘n prettige manier uit te druk.

Monsterkouse.

“Dit is wonderlik om te sien hoe leerders hul eie styl vier en met soveel selfvertroue hul funky uitrustings dra. Die dag was ‘n reuse sukses, en Laerskool Rapportryer sien reeds uit na die volgende geleentheid waar die Rappies weer hul kreatiewe kant kan wys,” het sy afgesluit.

Die leerder dra sy voertuigkouse.
Hierdie seun dra sy monsterkouse.
‘n Dogter wys haar pragtige kouse.
Lipleklekker roomys kouse.
‘n Funky paar kouse.
Die dogter wys haar interessante sokkies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button