Schools

Rappies redenaars neem die verhoog oor

Interne redenaarskompetisie berei Laerskool Rapportryer se kreatiewe leerders voor vir ATKV.

Laerskool Rapportryer het onlangs hul interne redenaarskompetisie aangebied waaraan leerders van graad een tot sewe met groot entoesiasme deelgeneem het.

Celeste Wentzel, skoolwoordvoerder, het uitgespreek dat die kompetisie, wat daarop gemik is om leerders se selfvertroue en redenaarsvaardighede te ontwikkel, ‘n verskeidenheid kreatiewe en inspirerende toesprake opgelewer het.

“Groot was juffrou Magda Swart [die skool se redenaarsorganiseerder] se verbasing toe al die leerders wat gaan deelneem, gevra is om Maandagoggend in die saal op te staan. Dit is nie net sport wat altyd aftrek kry nie, maar kultuur ook,” het sy opgemerk.

Dewan Marx praat sy hart uit.

Daar is sowat 85 deelnemers wat bewys hoe gewild redenaars by die skool geword het.

Elke deelnemer het die geleentheid gehad om hul voorbereide toesprake voor ‘n paneel beoordelaars te lewer. Celeste het gesê onderwerpe het gewissel van inspirerende, persoonlike ervarings tot temas van klei en spirale wat kinders se denke uitgedaag het.

Sy het verder gesê dat die leerders ‘n besonder hoë standaard gehandhaaf het.

Clariska van der Merwe besig met haar pragtoespraak.

“Ons is uiters trots op die deelnemers. Dit is wonderlik om te sien hoe gemaklik en selfversekerd hulle op die verhoog is,” het sy opgemerk.

Die wenners in elke graad sal Laerskool Rapportryer by die ATKV-kompetisie verteenwoordig. Magda het ook die leerders en onderwysers bedank vir hul harde werk en toewyding.

Milah Lubbe lewer haar toespraak.

“Hierdie kompetisie gaan nie net oor wen nie, maar oor die ontwikkeling van belangrike lewensvaardighede. Ons sien daarna uit om ons leerders verder te ondersteun in hul openbare redenaarsreis,” het die organiseerders gesê.

“Baie dankie aan elke ouer vir jou motivering en entoesiasme – Rappies is so dankbaar! Met sulke talentvolle jong sprekers beloof Laerskool Rapportryer se redenaars om nog groter hoogtes te bereik. Redenaars is wenners met woorde – vir vandag en môre!” Celeste afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button