Rappies-netbaldogters bereik hul doel
Rappies se netbaldogters het uitgeblink tydens vanjaar se distrikproewe.
Laerskool Rapportryer se netbaldogters het weereens bewys dat harde werk en deursettingsvermoë vrugte afwerp.
• Lees ook: Rappies netbal wys wat in hulle steek
Dít nadat verskeie talentvolle spelers van die skool onlangs gekies is om aan distriksproewe deel te neem.
Volgens Celeste Wentzel, skoolwoordvoerder, is dit ’n groot prestasie wat net hul toewyding en vaardighede op die netbalbaan bevestig.
Sy sê die spanne se afrigters het ook hul trots uitgespreek.

Ons spelers het die afgelope seisoen ongelooflike groei getoon. Hulle oefen hard, ondersteun mekaar en is altyd gereed om nuwe uitdagings aan te pak,” het ‘n afrigter, Marsha Coetzer gesê.
Laerskool Rapportryer se o12-span het ook deurgedring na die volgende rondte, terwyl die o13-netbalspan met ses dogters spog wat na die finale proewe deurgedring het.
“Hierdie jong sportsterre sal Laerskool Rapportryer verteenwoordig teen ander top-spelers in die streek. Die proewe bied nie net ‘n geleentheid om hul vaardighede te slyp nie, maar ook ‘n kans om moontlik verder in provinsiale spanne oorweeg te word. Die skoolgemeenskap en ouers is uiters trots op hierdie dogters en wens hulle alle sukses toe vir die komende proewe. Sterkte, Rapportryers – ons glo in julle!” het Celeste afgesluit.







