Schools

Rappies word boelie-slim!

Nazli George kom leer Rappies oor afknouery en hoe om die situasie te hanteer.

Daar was groot opwinding by Laerskool Rapportryer onlangs toe die bekende aktrise en motiveringspreker Nazli George, saam met haar spanmaat, die graad drie tot sewe leerders kom bederf het met ’n interaktiewe en leersame aanbieding oor boelies en hoe om dit reg aan te spreek.

• Lees ook: Bid vir boelie-projek vat vlam by Rappies

Met haar energieke persoonlikheid, humor en opregtheid het Nazli die leerders se harte gewen en belangrike lewenslesse op ’n onvergeetlike manier oorgedra. Sy het die kinders toegerus met praktiese wenke om boelies te hanteer, selfvertroue te bou en ander met respek te behandel.

Leerders het hard gelag, diep gedink en die saal met nuwe insigte verlaat.

Die stuk was ’n 35-minute produksie wat gehandel het oor ’n seun wat almal by die skool boelie. Soos die verhaal ontvou, kom mens agter dat die seun uit ’n gebroke huishouding kom. Die produksie beeld uit wat in die boelie én die slagoffers se lewens aangaan, en wys hoe sulke situasies hanteer kan word.

Die boodskap was duidelik: Jy hóéf nie ’n slagoffer te wees nie – jy kán opstaan en sterk staan.

“Die program het nie net opvoedkundig gevoel nie, maar ook ongelooflik pret en motiverend. Dit is presies hoe ons dit rol by Rapportryer!” het die skool se woordvoerder, Celeste Wentzel, vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button