Schools

Trots loop hoog vir Rappies se rugbysterre

Laerskool Rapportryer het onlangs die Goue Leeus-finaal vir o.10-spanne gewen – ’n glorieryke terugkeer na die wennerspodium na byna drie dekades.

Laerskool Rapportryer se o.10-rugbyspan het geskiedenis gemaak toe hulle as wenners van die Goue Leeus-finaal uit die stryd getree het – ’n prestasie wat laas in 1996 deur die skool behaal is.

Dié oorwinning is ’n noemenswaardige mylpaal in die skool se sportgeskiedenis en sal nog vir jare onthou word. Toewyding en harde werk het verseker dat hierdie span hul stempel afdruk.

Skoolwoordvoerder Celeste Wentzel het afrigters Tiaan Nel en Rudi Marx bedank vir hul bydrae gedurende die toernooi.

“Hul passie en deursettingsvermoë het die seuns geïnspireer om groot te droom en hard te werk. Hierdie span is die trots van Rappies, en dit is nog net die begin!” het sy bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button