Schools

Klein oumas en oupas steel die kollig by Rappies

Laerskool Rapportryer se leerders het met kieries, snorre en bollas gespog terwyl hulle stories oor hul oumas en oupas gedeel het.

Daar was van krullers, bollas en kieries tot snorre en brille tydens Laerskool Rapportryer se Ouma-en-Oupadag op 25 Julie.

Jong leerders het pragtig voorgekom – van kop tot toon aangetrek soos hul oumas en oupas, party van hulle amper identies.

Juvan van Vuuren het vertel van sy oupa en ouma en was self nes sy oupa aangetrek.

Juvan van Vuuren.

“Mijn oupa werk gewoonlik op sy bakkie en hy doen goed vir ons. Ek help hom soms om met hout te bou. Ouma kyk altyd TV saam met hom en sy maak gewoonlik koffie vir ons almal,” het Juvan gesê.

Nelmari Brits.

Nelmari Brits het gesê haar ouma en oupa hou daarvan om in die huis rond te beweeg en elke dag kos te maak.

Sky-Lee Pretorius.

Sky-Lee Pretorius het verduidelik haar ouma is ‘n juffrou en haar oupa ‘n rugbyafrigter.

Rohan Ernst.

“Ouma gaan altyd plaas toe en sy werk baie hard by die kantoor. Ek is baie lief vir my ouma,” het Rohan Ernst gedeel.

Amoné Labuschagne.

Amoné Labuschagne het gesê haar ouma en oupa is baie lief vir hul drie honde en spandeer baie tyd saam.

Juván Huishamen.

“Ek het drie oumas. Hulle sit gewoonlik op die bank en maak klere,” het Juván Huishamen geglimlag.

Keanu van Heerden, wat self soos ‘n oupa aangetrek was, het gesê: “My ouma tel my gewoonlik op by die naskool terwyl my oupa werk. Ek is baie lief vir hulle, want oupa vra altyd of ek lief is vir hom.”

Menyke van Wyk.

Menyke van Wyk het bygevoeg dat, alhoewel haar ouma en oupa hard werk, hulle haar steeds baie liefde gee. Partykeer slaap sy selfs oor by hulle.

Kaylee Geldenhuys.

Ouma-en-Oupadag is ‘n geliefde geleentheid in baie skole – ’n spesiale dag waarop jong kinders hul waardering en respek teenoor hul grootouers wys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button