Schools

Van leerling tot hoof: Gerhard Myburgh lei Riebeeckrand Hoërskool

Gerhard Myburgh neem die leisels van Riebeeckrand Hoërskool oor en wil tradisie, kwaliteitonderwys en gemeenskapsbetrokkenheid versterk.

Hoërskool Riebeeckrand het op 1 Augustus amptelik hul nuwe skoolhoof, Gerhard Myburgh, verwelkom.
Gerhard, wat in Randfontein gebore en getoë is, vertel dat hy ’n leerder van Laerskool Randfontein was voordat hy by Hoërskool Jan Viljoen gematrikuleer het.

Ná skool het hy sy Baccalaureusgraad in Onderwys in Technika aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom verwerf, asook sy Honneursgraad in Openbare Sektorbestuur.

In 2009 het hy by Hoërskool Jan Viljoen begin werk en daar tot middel 2011 gebly. Daarna het hy by Laerskool Westgold Primary aangesluit, voordat hy in die privaatsektor begin werk het. Hy het later by Laerskool Kenmare gewerk, waar hy as departementshoof bevorder is. Vervolgens het hy by Laerskool Krugersdorp-Noord vir agt en ’n half jaar gewerk, waar hy tot adjunkhoof bevorder is.

Oor sy nuwe rol sê Gerhard dat hy hoop om die skool ’n baken van hoop vir die gemeenskap te maak.

“Ons wil die gemeenskap ondersteun en hoop ook om elke leerder die geleentheid te gee vir kwaliteit onderrig in verskeie gebiede, insluitend akademie, sport en kultuur,” het hy gesê.

Hy hoop verder om die skool se tradisies te behou en nuwe by te voeg. Volgens hom is tradisies deel van die skool se identiteit, soos die Poortloop en die Kersloop by die leierinhuldiging.

“Ek wil nie alles verander nie. Ek wil die bestaande tradisies en wyses net beter maak. Wedersydse respek is belangrik in die skool, en ek wil graag ’n kultuur van eenvormigheid vestig,” het Gerhard bygevoeg.

Wanneer hy nie by die skool is nie, spandeer hy tyd saam met sy familie, vir wie hy ’n groot passie het. Hy het bygevoeg dat sy vrou ook in die onderwys is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Chanté Bolton

Chanté Bolton started her journalism career at the Roodepoort Record in 2023. In February 2024, she joined the Randfontein Herald family. She received her BA in Communication from the North West University in 2021. In 2022 she received her BA Honours degree in English Language and Literature. Chanté wants to be the voice of the community.

Related Articles

Back to top button