Dagbestuur 2026: Die jong kapteine wat Riebeeckrand se skip sal stuur
Die seile is gespan! Ontmoet die leiers wat Riebeeckrand Hoërskool in 2026 sal lei.
Hoërskool Riebeeckrand het met trots hul dagbestuur (leiers) vir 2026 aangekondig.
Die volgende leerders is aangestel:
• Hoofseun: Thakgalo Sello
• Hoofdogter: Mahlatse Molubi
• Onderhoofseun: Tshegofatso Dube
• Onderhoofdogter: Jody-Leigh Venter
• Dagbestuur: Kaylee du Plessis, Wian du Plessis, Esther Mudarikwa, Xian Nel en Boipelo Palagangwe
“Hierdie leiers het reeds bewys dat hulle nie net titels dra nie, maar ware rolmodelle is. Hulle wys daagliks integriteit, betroubaarheid, spanwerk, toewyding en ‘n hart van diensbaarheid. Ons weet dat hulle deurslaggewend sal wees om Riebeeckrand na die volgende vlak te neem! Baie geluk en sterkte, ons glo in julle!” het skoolwoordvoerder Diana Nel uitgedruk.



