Schools

Verskeie disse en vermaak by Wildsfees

Die Wildsfees by Laerskool Randfontein het die gemeenskappe van Randfontein en Krugersdorp bymekaargebring vir braai en genot.

Laerskool Randfontein en Hoërskool Bastion se boogskietspanne het saamgespan om ’n suksesvolle Wildsfees aan te bied.

Volgens boogskietafrigter Annie Nolan, was die aand ’n groot sukses vol gees, smaak en samehorigheid.

Alex Wilson. Foto: Chanté Bolton.

Op 30 Augustus het ouers, onderwysers en leerders by Laerskool Randfontein bymekaargekom om die verskeie wildsvleisdisse te geniet. Annie het vertel dat die hoogtepunt die 30 geregte was wat uit 14 verskillende diere bestaan het en deur ouers voorberei is.

Desjuané Mynhardt en Endré Warnich. Foto: Chanté Bolton.

“Dankie vir die ruim bydraes van die skenkers van die wildsvleis. Sonder julle ondersteuning sou die fees nie moontlik gewees het nie. Julle het regtig ’n groot verskil gemaak,” het sy bygevoeg.

Andries Janse van Rensburg, Pheenix Moolman, Nizel Alberts en Iwan Krog. Foto: Dominique Duvenhage.

Behalwe vir die heerlike disse, was daar ook ’n veiling en dans wat die aand ekstra spesiaal gemaak het. Die fondse wat ingesamel is, sal gebruik word vir die ontwikkeling van die boogskietspanne en ander opvoedkundige projekte.

Elsie en Leon Haupt. Foto: Chanté Bolton.

“Die Wildsfees het weereens bewys dat wanneer skole en die gemeenskap hande vat, gebeur groot dinge.”

Soos een ouer opgemerk het: “Dis nie net ’n fondsinsamelingsgeleentheid nie, dis ’n fees van saamwees en trots op ons skole.”

Lette Guy, Coba van der Merwe en Sandra Coetzee. Foto: Dominique Duvenhage.
Robbie en Hermien van Coller. Foto: Chanté Bolton.
Koos en Hanelie de Jager. Foto: Chanté Bolton.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Chanté Bolton

Chanté Bolton started her journalism career at the Roodepoort Record in 2023. In February 2024, she joined the Randfontein Herald family. She received her BA in Communication from the North West University in 2021. In 2022 she received her BA Honours degree in English Language and Literature. Chanté wants to be the voice of the community.

Related Articles

Back to top button