Schools
Musieksterre van Rappies straal
Pragtige liedere en optredes het gesorg dat Laerskool Rapportryer se musiekskoolleerders die vrugte afwerp by die Allegretto Eisteddfod.
Laerskool Rapportryer se musiekskool het die kollig by die onlangse Allegretto Eisteddfod gesteel toe hul leerders uitstekende toekennings vir hul musiektalent ontvang het.

Die leerders se besondere talente en harde werk het gesorg dat 19 leerders na die provinsiale rondte deurdring en 16 na die nasionale rondte.

Rappies is veral trots op die vier item en drie medaje wenners asook die twee leerders wat trofeƫ ontvang het.

Skoolwoordvoerder Celeste Wentzel noem dat die skool uitsien na die leerders se opkomende optredes.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



