Schools

Rappies se meisieskrieketspan maak geskiedenis

Nadat Laerskool Rapportryer geskiedenis gemaak het deur ’n meisieskrieketspan te stig, het hierdie meisies bewys hoekom hulle ’n plek op die veld verdien.

Laerskool Rapportryer se eerste amptelike meisieskrieketspan het geskiedenis gemaak in hul debuutseisoen.

Volgens Celeste Wentzel het Rapportryer vir die eerste keer ’n meisiesspan op die veld losgelaat. Nie net was dit ’n eerste vir die skool nie, maar die span het ook getoon dat hulle hul plek op die veld verdien.

In hul debuutseisoen het die span goeie krieket gespeel en dit tot in die semi-finaal van die Gauteng-Wes Liga geskop.

Celeste het bygevoeg dat dit vanaf die eerste wedstryd duidelik was dat die meisies vinnig leer en selfvertroue het.

Vyf van die meisies het ook deurgedring na die tweede rondte van die Lions-proewe:

• Saskia de Beer (o.10)
• Layla Williams (o.12)
• Elandi Bezuidenhout (o.13)
• Savanah Coetzer (o.13)
• Madelein Prinsloo (o.13)

“Hulle harde werk en samehorigheid het gesorg vir merkbare vordering, en die afrigters is opgewonde oor wat die toekoms vir hierdie span inhou,” het sy gesê.

Sy het verder vertel dat met só ’n sterk begin en jong talent wat reeds op provinsiale vlak raakgesien word, die toekoms blink lyk vir Rapportryer se meisieskrieket.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Dominique Duvenhage

Dominique Duvenhage joined the Randfontein Herald team in 2023. From a young age, she developed a great fascination with words and language. At the age of 12, she started writing novels and thereafter eventually began to write poems. Being a journalist is not a job for her, it is a career. As your community journalist, she has taken a pledge to write truthfully and reliably.

Related Articles

Back to top button