Rudi Marx, Heinrich Albrecht, Tiaan Nel, Brandon Viviers en Dylan Stoltz. Foto: Ingestuur
Nie eens uitdagende weertoestande kon Laerskool Rapportryer se jaarlikse Rappies Gholfdag stuit nie.
Op 21 November was die Krugersdorp Gholfklub se baan besig met 140 spelers wat vasbeslote was om die dag te geniet, ondanks die reën en hael.
Ds Johan van Staden en André Kruger. Foto: Ingestuur
Volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel het die sterk ondersteuning verseker dat elke speler met ’n prys huis toe is. Die fondse wat ingesamel is, sal aangewend word om leerders se groei en ontwikkeling te bevorder.
Rhyno Henning, Gerhard Mulder, Keaton Lensley en Johan Lensley. Foto: Ingestuur
“Ten spyte van die nat weer was die atmosfeer op die baan vol entoesiasme, glimlagte en gemeenskapsgees – ’n bewys dat niks die Rappies-familie se samehorigheid kan demp nie,” het Celeste gesê.
Ian Koen, Logan Coetzer, Lowen Cordier en Steyn du Plooy. Foto: Ingestuur
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Dominique Duvenhage joined the Randfontein Herald team in 2023. From a young age, she developed a great fascination with words and language. At the age of 12, she started writing novels and thereafter eventually began to write poems. Being a journalist is not a job for her, it is a career. As your community journalist, she has taken a pledge to write truthfully and reliably.