So vier Laerskool Randfontein-leerders Kersfees
RAM-leerders deel hul gunsteling Kersfeestradisies van geskenke, kos en familietyd.
‘n Paar leerders van Laerskool Randfontein vertel hoe hulle families Kersfees vier.
Marius Fourie het sê elke Kersfees sit hulle as familie om ’n tafel vol lekker kos, terwyl Amorey Kruger gewoonlik saam haar familie see toe gaan om Kersfees te vier.
“Daar kom ons as familie bymekaar om die etenstafel,” sê sy.
Melica Pietersen het bygevoeg, “Elke Kersfees sit Mamma en Pappa geskenke onder die boom. Op Kersdag roep hulle ons om dit oop te maak en neem foto’s van die verbasing op ons gesigte.”
Micke Rogers vertel dat wanneer hulle Kersfees vier, kom die hele familie bymekaar.
“My ouma maak heerlike kos en ons maak geskenke oop.”
“Vir Kersfees kom ons bymekaar in die grootste huis op ons plaas. Ons sit al die geskenke onder die boom, en die oudste deel dit dan uit,” het Adonai Nel afgesluit,



