Schools

Rapportryer se gr 7’s: Hoërskool, hier kom ons!

Laerskool Rapportryer se graad 7’s sê hoekom hulle opgewonde is oor hoërskool – behalwe natuurlik vir die matrieks!

Laerskool Rapportryer se graad sewe-leerders het hul opgewondenheid oor hoërskool met die Randfontein Herald gedeel.

“Ons is nou die ‘nekkies van die plekkie’, maar volgende jaar gaan ons weer onderaan begin. Ek sien uit na nuwe geleenthede, nuwe vriende en die eerste treë na grootmenswees,” het Zander Victor gesê.

Amorey Beukman ervaar dit ook so: “Ek sien uit na die kans om deel te neem aan aktiwiteite wat nie altyd by laerskole beskikbaar is nie, soos redenaars en toneel. Jy word meer verantwoordelik en ontmoet nuwe vriende van ander skole –miskien tot vir die res van jou lewe.”

Ryghardt Corneelsen beskryf sy siening van hoërskool met ’n vertolking van die lied Dapper Muis.

“Ek’s ’n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die hoërskool en daar is niks waarvoor ek skrik nie. Behalwe die matrieks … en die juffrou wat niks van my hou omdat ek my kougom trek en kou. Ek sien baie uit na hoërskool omdat ek nuwe vriende kan maak, en ek sien baie uit na die rugby want dit is my gunsteling sport.”

Hayleigh-Jean Laubscher sê, “Ek sien uit na alles wat nuut is, nuwe vriende, ander vakke en om uit te vind waaroor ek passievol is.”

Jaydon Button weet hoërskool bied hom die kans om nuwe vriende te maak en sy sporttalent te ontwikkel.

“Ek is net bekommerd oor die matrieks wat op ons gaan ‘puk’.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button