Gereed vir hoërskool!
Ná hul laerskoolloopbaan by RAM sien hierdie graad sewe-leerders met hoop uit na hoërskool in 2026.
Die graad sewe-leerders van Laerskool Randfontein het gedeel waarna hulle uitsien wanneer hulle vanjaar hoërskool toe gaan.
Kiara Smyth sê sy gaan Hoërskool Monument toe en sien uit na die hokkie, nuwe onderwysers en verskeie nuwe geleenthede.
Julian Coetzee het genoem dat hy na Hoër Volkskool Potchefstroom gaan, en hy kan nie wag vir die rugby, krieket en nuwe onderwysers nie.

“Ek gaan Hoërskool Noordheuwel toe en sien uit na visvang en krieket,” het Zandré Herbst gedeel.
Cara Naudé sê sy gaan Hoërskool Monument toe en sien uit na die dans en akademie.
Tianie Fourie het bygevoeg: “Ek gaan ook Monnas toe. Ek sien uit na die nuwe uitdagings en avonture – en ’n bietjie na die akademie.”
Dehan du Preez het gesê: “Ek gaan Hoërskool Bastion toe, want ek is moeg vir laerskool.”
JD Opperman het afgesluit: “Ek gaan Hoërskool Noordheuwel toe en sien uit na visvang, krieket en rugby.”



