Schools

Klokseremonie merk nuwe begin vir jong Rapportryers

Laerskool Rapportryer se graad een-leerders het behoorlik gestraal tydens hul onlangse inhuldiging.

Laerskool Rapportryer het onlangs hul graad een-leerders amptelik by die skool verwelkom met hul bekende klokseremonie.

Skoolwoordvoerder Celeste Wentzel het gesê, “Die graad een-inhuldiging is ’n besondere oomblik waar ons ons jongste Rapportryers amptelik by die skool verwelkom. Die klokseremonie simboliseer die begin van hul skoolloopbaan en die oorgang van kleuters na volwaardige laerskoolleerders. Na drie weke in die roetine was dit die perfekte dag. Dit is ’n viering vol trots, opgewondenheid en betekenis.”

Anais Botha.

Sy het bygevoeg dat dit ’n jaarlikse tradisie is wat baie spesiaal is, omdat dit ’n gevoel van verbondenheid tussen leerders, ouers en die skool skep. Die inspirasie agter die seremonie is om die leerders se eerste tree by die skool besonders te maak.

“Die klok verteenwoordig ’n nuwe begin, groei en die roepstem na leer, ontdekking en drome,” het Celeste gesê.

Nathan Rossouw.

Volgens haar was die geleentheid ’n sukses, met die positiewe energie van die dag wat tasbaar was. Die glimlagte op die leerders se gesigte en die trots van die ouers het dit bevestig. Die reën het ook net tot die spesiale atmosfeer bygedra.

“Dit was ’n oomblik wat nog lank onthou sal word. Dit was beslis die Here se seën wat op ons neergedaal het,” het Celeste bygevoeg.

Martinique Pindral.

Aan die graad een-leerders het sy gesê, “Welkom by Laerskool Rapportryer! Mag julle elke dag met nuuskierigheid leer, met moed groei en met vreugde speel. Onthou julle is nou deel van ons Rapportryer-familie.”

Sy het ook elke ouer en personeellid wat tot die dag bygedra het, bedank.

Julie-Ann Boshoff en Twané Coetzee.

Sy het afgesluit deur te sê, “Die Here het ons geseën met die reën. Saam bou ons as gemeenskap aan ’n veilige, liefdevolle en inspirerende omgewing waar elke kind ’n wenner kan wees vir vandag en môre!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Chanté Bolton

Chanté Bolton started her journalism career at the Roodepoort Record in 2023. In February 2024, she joined the Randfontein Herald family. She received her BA in Communication from the North West University in 2021. In 2022 she received her BA Honours degree in English Language and Literature. Chanté wants to be the voice of the community.

Related Articles

Back to top button