Schools

Feestelike huissportdag kroon Rapportryer se steratlete

Van eerste plekke tot groot gees – Rapportryer se huissport het alles gehad.

Laerskool Rapportryer het onlangs sy jaarlikse huissport-atletiekbyeenkoms aangebied, ’n dag wat volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel gekenmerk is deur uitstekende atletiekprestasies, goeie sportmangees en entoesiastiese ondersteuning vanuit die pawiljoen.

Die Junior Victor Ludorum-titel is toegeken aan Vean Swart (o8), terwyl Kaylin Rossi (o7) as Junior Victrix Ludorum aangewys is. In die senior afdeling het Logan Coetzer (o12) en Ruwan Erasmus (o13) die Senior Victor Ludorum-titel gedeel nadat albei atlete vyf eerste plekke tydens die byeenkoms behaal het. Die Senior Victrix Ludorum is toegeken aan Anelri Mare (o12), wat ook vyf eerste plekke verower het.

Die Elande-huis het as algehele wenners uit die stryd getree en beide die atletiekbeker en die geesbeker ingepalm.

“Die dirigente het die pawiljoen laat lewe kry met vrolike liedjies, terwyl ander die atlete deurentyd aangemoedig het. Die dag het ’n feestelike atmosfeer geskep en was ’n groot sukses vir die skool,” het Celeste gesê.

Sy het afgesluit deur te sê dat die byeenkoms nie net sporttalent uitgelig het nie, maar ook die sterk gees en samehorigheid binne die skoolgemeenskap bevestig het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button