School sportSport

Twee van Rierand haal Gauteng Landloopspan

Plaaslike skool se top atlete binnekort in aksie by SA’s.

Hoërskool Riebeeckrand spog met twee van hul top landloopatlete in die Gauteng-span. Hulle sal nou as deel van die Gauteng Landloopspan aan die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe deelneem. 

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, is Lizerie Ferreira en Monique Crafford in die span opgeneem na ‘n puik vertoning tydens die Gauteng Kampioenskappe. 

Kruger vertel dat Rierand vanjaar vier atlete gestuur het om aan die Gauteng Landloopkampioenskappe deel te neem. “Net die top atlete in Gauteng kry die geleentheid om aan dié kampioenskappe deel te neem. 

“Daarom is ons trots op Lizerie Ferreira (o.18), Monique Crafford (o.16), Ezra Ferreira (o.15) en Henk Wijtenburg (o.16) wat Hoërskool Riebeeckrand tydens die geleentheid verteenwoordig het,” vertel Kruger.

“Lizerie het weereens gewys dat sy een van Gauteng se top atlete is toe sy ‘n algehele eerste plek tydens die kampioenskappe losgehardloop het. Monique het ook ‘n puik wedloop gehad en het ‘n vierde plek behaal. Dit het vir Lizerie en Monique ‘n plek in die Gauteng-span verseker.”

Ezra het ‘n agtste plek in sy ouderdomsgroep behaal en Henk het algeheel 29ste geëindig.

“Ons almal by Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op dié twee atlete en wens hulle sterkte toe met die komende Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe,” vertel Kruger ten slotte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button