Twee van Riebeeck in D2-span
Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op die twee top atlete.
Twee van Hoërskool Riebeeckrand se top atlete, Daemian Breedt en Monique Crafford is onlangs in die D2-atletiekspan ingesluit.
Dit nadat albei hul staal gewys het tydens die Gauteng Kampioenskappe in Germiston.
Monique spog met ’n vyfde plek in die 3 000 meter, terwyl Daemian ’n sewende plek in die 400 meter behaal het.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.
Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



