Riebeeck-dogters wen jukskeiliga
Skool: Dit is lekker om te sien hoe hul die vrugte van hul harde werk pluk.
Hoërskool Riebeeckrand se jukskeispelers het op Saterdag, 9 April aan die SA Skole Jukskeiliga deelgeneem en uitstekend gevaar.
Die o.19-dogters het die liga gewen en die o.19-seuns het met ‘n tweede plek weggestap. Die deelnemende skole was Hoërskool Riebeeckrand, Hoërskool Jan Viljoen, Hoërskool Monument, Hoërskool Bastion en Randfontein High School (RHS).
Die o.19-dogterspan bestaan uit Larisca Stoltz, Marna Bronkhorst, Ju-hanie Wilken, Rozelle Masser en Marianca Masser en die o.19-seunspan uit Sandy Thwala, Janco Olivier, Tiaan Wilken, Ruben Mc Donald en Theodoir van Staden.
Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op hierdie jukskeispelers.
Volgens die skool is dit lekker om te sien hoe hul die vrugte van hul harde werk pluk.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.
Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



