School sportSportUpdate

Nog ‘n hokkiester van Riebeeck duik op

Skool: Ons is saam met Aobakwe opgewonde en sien daarna uit om haar as hokkiespeler te help groei.

Hoërskool Riebeeckrand sorg dat hul hokkiespelers die beste afrigting ontvang een en Riebeeck-hokkiespeler het gewys dit is waar.

Aobakwe Madonsela, ‘n graad 8-leerling en junior hokkiester was onlangs verkies tot die o.14 Suid-Gauteng-hokkiespan. Sy is ook onlangs in die gesamentlike D2- en D12-hokkiespan opgeneem.

Sy volg nou in die voetstappe van Marsha ‘Nator’ Cox, voormalige kaptein van die Suid-Afrikanse hokkiespan. Op die ouderdom van 18 het Marsha haar debuut gemaak as ‘n SA-hokkiespeler tydens die Olimpiese Spele.

Aobakwe se afrigter, Tyrone Dempsey, het haar hokkievaardighede en -tegnieke hoog geprys.

Hy sê Aobakwe is ‘n gedrewe speler wat haar passie en liefde vir die sport op die veld uitleef.

“Riebeeckrand is saam met Aobakwe opgewonde en sien daarna uit om haar as hokkiespeler te help groei en verder te ontwikkel tot sy haar volle potensiaal bereik,” het Elzeri Botha, skoolwoordvoerder gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button