School sportSport

Riebeeck derde in Clover-reeks

Hoërskool Riebeeckrand klop Jan Viljoen 23–21 in halfeindstryd om die derde plek in vanjaar se Clover-reeks.

Hoërskool Riebeeckrand se Clover Rugbyspan het derde geëindig in vanjaar se Clover-reeks wat verlede maand plaasgevind het.

Riebeeckrand het deurgedring na die halfeindstryd teen hul aartsvyand Hoërskool Jan Viljoen en al was dit taai, was Riebeeck met 23-21 aan die wenkant. Die skool meen dié rugbyspan se goeie vertoning in die reeks is net ‘n voorsmakie van dit waartoe hulle volgende jaar in staat gaan wees.

Oor die algemeen was daar strawwe kompetisie maar Riebeeck het uiteindelik met ‘n wenpersentasie van oor die 70 persent en vyf uit sewe oorwinnings gespog.

Riebeeckrand se uitslae in die reeks is soos volg:

• 2 Augustus: Riebeeckrand 26–0 Fourways High School

• 4 Augustus: Riebeeckrand 23–13 Hoërskool Bastion

• 10 Augustus: Riebeeckrand 34–8 Hoër Tegniese Skool Elspark

• 15 Augustus: Riebeeckrand 10–21 Trinityhouse High School

• 23 Augustus: Riebeeckrand 33–13 Hoër Tegniese Skool Carel De Wet

• 25 Augustus: Riebeeckrand 10–21 Hoërskool Bekker

• 27 Augustus: Riebeeckrand 23–21 Hoërskool Jan Viljoen

Nog goeie nuus uit die Riebeeck-kleedkamer is dat ses van hul seuns in die Clover-reeks se uitnodigingspanne opgeneem is. Hulle is Reck Maré, Theo Potgieter en Gerhard Voster (o.18A-span) en Divan van den Berg, Shaun Rorhman en Franco Prinsloo (o.18B-span).

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button