School sportSport

Jannas is passievol oor skaak

Twee van die skool se o.18-spanne eindig vierde en vyfde in die Distrik.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se leerlinge blink op verskeie gebiede uit, ook in skaak.

Die skool se twee o.18-spanne het aan die uitdunne vir die Distrik 2-span deelgeneem en goed gevaar. Hulle het onderskeidelik vierde en vyfde in die kompetisie geëindig.

Jannas se skaakboffins tydens oefening. Foto: Ingestuur.
Jannas se skaakboffins tydens oefening. Foto: Ingestuur.

Jannas se skaakboffins oefen smiddae na skool en hou daarvan om teen mekaar te speel. Hulle daag ook die onderwysers uit vir ‘n potjie skaak.

“Skaak is een sportsoort waaraan jy van kindsbeen af tot as bejaarde kan deelneem, self al is jy bedlêend. Het jy geweet dit is wetenskaplik bewys dat skaak jou wiskundevermoë verbeter? Ons is baie trots op dié leerlinge,” het Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder gesê.

Lees ook:

Marilee ‘n Protea vir die toekoms

Jannas se topbestuur aangekondig

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button