Uitstaande krieketseisoen vir Rappies
Rappies-eerstespan hou skool se naam hoog in vanjaar se Wes-Randse krieketliga.
Die krieketspanne van Laerskool Rapportryer (Rappies) het vanjaar ‘n uitstaande seisoen beleef.
Die eerstespan het tot dusver al hul wedstryde in die Wes-Randse krieketliga gewen deur af te reken het Laerskool Kenmare, wat kort op hul hakke in die liga was. Hulle behaal die goeie prestasie in ‘n spesiale jaar aangesien Rappies op 16 April hul 100ste verjaarsdag gevier het.
Wat die res van die skool se krieketspanne aanbetref het dit goed gegaan in die liga teen Laerskool Randfontein (Ram).
Die seuns het onder andere vier van die vyf wedstryde teen Ram gewen. Die o.9-krieketspan het met twee paaltjies gewen terwyl die o.10’s met ses paaltjies, die tweedespan met 107 lopies en die eerstekrieketspan met 75 lopies geseëvier het.
Hulle het ook werklik goed gevaar teen ander skole soos Laerskool Krugersdorp-Noord en Fochville Laerskool.
Al die spanne dring deur na die semifinale van die skoleliga wat volgende week gespeel gaan word.
Laerskool Rapportryer en hul krieketafrigters is baie trots op die spanne en sien al klaar uit na die nuwe seisoen.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!