10 van Ram haal Gauteng-Wes krieketspan
Tien van Ram verteenwoordig die Gauteng-Wes krieketspan in hul verskeie ouderdomsgroepe.
‘n Groot groep krieketspelers van Laerskool Randfontein (Ram) het vir die derde agtereenvolgende jaar plek gekry in die Gauteng-Wes krieketspan se verskeie ouderdomsgroepe.
Ram se krieket is onder die leiding van Steve Greyvenstein wie hoë vewagtinge en ‘n positiewe gesindheid teenoor Ram-krieket het. Die skool se leerlinge word van jongs af aangemoedig om krieket te oefen.

Middel: Dian Taljaard, Petri du Toit en Waldo Greyling
Agter: Nathan du Plooy, Junior Khumalo, FG Mulder, Matthew Harrison en Brian Ernst. Foto: Annie Nolan.
‘n Goeie voorbeeld is Dian Taljaard, ‘n Graad 2-leerling wie reeds vir die o.9-span speel en ook gekies is vir die Gauteng-Wes krieketspan.
“Dis ‘n ongeloofike prestasie,” sê Annie Nolan, Ram-skoolwoordvoerder.
Al die krieketspelers wat in die Gauteng-Wes span opgeneem is:
• Dian Taljaard – o.9
• Matthew Harrison – o.9
• Waldo Greyling – o.10
• Junior Khumalo – o.10
• FG Mulder – o.11
• Brian Ernst – o.11
• Nathan du Plooy – o.11
• Roche Rautenbach – o.13
• Jayden Duran – o.13
• Petri du Toit – o.13

Middel: Dian Taljaard, Petri du Toit en Waldo Greyling
Agter: Nathan du Plooy, Junior Khumalo, FG Mulder, Matthew Harrison en Brian Ernst. Foto: Annie Nolan.
Daar was tydens die onlangse skoolvakansie ‘n toernooi gehou waaraan Gauteng-Wes krieket deelgeneem het. Ram se spelers het in hul verskeie spanne groot rolle gespeel en puik gevaar.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



