School sportSport

Ram se langasems vaar goed

Afrigter: Ons is baie trots op die atlete.

Twee langasem-atlete van Laerskool Randfontein (Ram) het die afgelope landloopseisoen uitgestaan.

Die seisoen het uit vier byeenkomste bestaan met Laerskool Ebenhaeser wat die Distrik Kampioenskappe aangebied het.

Daar het Freddy Parrot (seuns o.10) en Lelani Roodt (dogters o.13) met hul puik wedlope beïndruk en daarna aan die Gauteng Landloop kampioenskappe in Mondeor deelgeneem.

Ram se landloop is onder die leiding van Rickus Kruger wie ‘n groot passie vir die sport het. Hy moedig Ram-atlete aan om gedurende deur die jaar te oefen.

“Laerskool Randfontein is baie trots op Freddy en Lelani,” het Kruger gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button