School sportSport

Ram se graadeentjies wys hul atletiekstaal

Die tweede spesiale huissportbeenkoms vir die nuwe groep 1s by Ram geniet hul gate uit en weer 'n sukses.

Laerskool Randfontein (Ram) het onlangs hulle Graad 1-atletiekdag gehou.

By Ram word die huissport reeds die vorige jaar afgehandel maar omdat die skool se huidige Graad 1-leerlinge dan nog nie deel van die skool is nie, hou hulle ‘n spesiale atletiekbyeenkoms vroeg in die nuwe jaar vir die nuwe Graad 1’tjies.

Tydens dié spesiale huissportbyeenkoms op Woensdag, 18 Januarie was die leerders se deelname en fisiese ontwikkeling belangriker as glorie. Die nuwelinge het nie net gehardloop nie maar ook aan velditems deelgeneem.

Jaydin Wagner met ‘n klein pampoentjie wat soos ‘n gewigstootbal geverf is. Foto: Annie Nolan.
Jaydin Wagner met ‘n klein pampoentjie wat soos ‘n gewigstootbal geverf is. Foto: Annie Nolan.

Die graadeentjies is nog nie sterk genoeg om byvoorbeeld regte gewigstoot- en spiesgooitoerusting te gebruik nie, maar ‘n klein pampoentjie en ‘n sagte vuurpyltjie werk net so goed. Die verspring is soos gewoonlik in ‘n sandput gedoen.

Daar is vanjaar ook nuwe sportsoorte soos sakspring en aartappelresies ingebring. Die naellope is oor twee afstande gedoen – onderskeidelik 60 meter en 90 meter.

Elkeen van die skool se 200 graadeentjies het ‘n beurt gekry om aan alles deel te neem. Huissport is nie huissport sonder ‘n Victor en ‘n Victrix Ludorum nie. Lodewyk Marais en Monique Viviers is as Ram se vinnigste Graad 1’s gekroon.

“Dit is die tweede jaar dat die byeenkoms met groot sukses aangebied is. Daar is besluit om dit ‘n jaarlikse instelling op die Ram-kalender te maak,” het Ram-skoolwoordvoerder Annie Nolan vertel.

Henk Nolan besig om spies te gooi met 'n vuurpyltjie. Foto: Annie Nolan
Henk Nolan besig om spies te gooi met ‘n vuurpyltjie. Foto: Annie Nolan

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button