School sportSport

Riebeeckranders in SA Korfbalspan

Hoërskool Riebeeckrand spog vir die agtste keer met korfbalspelers wat in die Suid-Afrikaanse Korfbalspan opgeneem is.

Hoërskool Riebeeckrand spog met die uitstekende prestasie dat daar vir die agtste jaar van hul leerders en personeel in die Suid-Afrikaanse Korfbalspan opgeneem is.

Chanéy Lindner in aksie. Foto ingestuur.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, is Chanéy Lindner, ‘n trotse personeellid van Riebeeckrand, in die Senior Dames Suid-Afrikaanse korfbalspan opgeneem en Chiané Visagie, ‘n Graad 10-leerder, is in die SA o.17-korfbalspan.

“Dit is voorwaar ‘n puik prestasie! Hoërskool Riebeeckrand wens hulle sterkte toe met hul vertoonwedstryde wat op 9 tot 10 Augustus in Durban plaasvind,” het Elzeri bygevoeg.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button