School sportSport

Randfonteiners skiet vir streekskleure

Meer as 200 skutters het die afgelope naweek aan die NASP-SA se boogskietkampioenskappe by Hoërskool Riebeeckrand deelgeneem.

Meer as 200 boogskutters het die afgelope naweek aan The National Archery in the Schools Programme – SA (NASP-SA) se boogskietkampioenskappe deelgeneem om ‘n plek in die provinsiale span te probeer losskiet.

Hoërskool Riebeeckrand het die kampioenskappe op Saterdag, 17 Augustus aangebied waartydens skutters van so ver as Elspark, Meyerton, Lenasia, Randfontein, Krugersdorp, Boksburg, Springs en Johannesburg alles ingesit het vir ‘n plek in die NASP Ekurhuleni-span wat in die September-skoolvakansie aan die Interprovinsiale kompetisie in Witbank gaan deelneem.

Kean Botha.

Frik Birkenstock, vise-president van NASP-SA het verduidelik dat daar nie ‘n boogskietfederasie aan die Wes-Rand is nie en dat boogskutters in die streek slegs aan interprovinsiale kompetisies kan deelneem as lede van óf die Ekurhuleni- óf die Gauteng-Noord-streekspan.

Vir die kompetisie by Hoërskool Riebeeckrand het 27 boogskutters uit hoër- en laerskole asook 14 volwasse boogskutters (Adult Archery Group – AAG-lede) van Klub Inyathi in Randfontein deelgeneem.

Maria Becker en Belinda Jansen van Vuuren by die teiken.

“Die dag het baie goed afgeloop en die weer was aangenaam vir boogskiet. Almal het goed gevaar en hier gaan beslis ‘n paar groot tellings deurkom.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button