Local newsSport

Plaaslike rugbyspeler se bloed is blou!

Rachelle du Plessis het al drie wedstryde vir die Bulls Daisies, die Blou Bulle se vroue-rugbyspan, gespeel.

Een van Randfontein se inwoners draf tans uit as ‘n Bulls Daisies-speler, nadat sy eers verlede jaar haar eerste paar tokse aangetrek het.

Die 32-jarige Rachelle du Plessis het eers in 2022 begin rugby speel vir die Randfontein Rugbyklub se vrouespan, en sê dis iets was sy as kind nog altyd graag wou doen.

“Ek speel nou 10 maande rugby waarvan die laast twee vir die Bulls Daisies is.”

Sy het verduidelik dat na haar eerste wedstryd vir Randfontein het die Mastercard Lions haar genooi vir ‘n oefenkamp in November 2022.

“Ek het gegaan maar het in my hart gevoel dit is nie die plek vir my nie, ek het toe gebid oor die saak. Ek het toe in Januarie vanjaar by die Universiteit van Pretoria begin oefen en nog voor ek ‘n wedstryd kon speel het die Bulls Daisies my genooi vir ‘n oefenkamp en nou het ek al drie wedstryde vir die span gespeel.”

Rachelle speel tans vaskopstut en dra die nommer drie trui.

“Dit is vir my ‘n groot seën om vir die eerste volle professionele vroue-rugbyspan te speel,” het sy vertel.

Een ding wat vir haar uitstaan in haar rugbyloopbaan is toe sy die Sportvrou van die Jaar toekenning verlede jaar by die Randfontein Rugbyklub gewen het.

Sy is nie net ‘n rugbyspeler nie, maar ook ‘n profesionele renjaer en ‘n CrossFit-atleet wat hierdie jaar 76ste in Afrika geplaas het tydens die wêreld CrossFit ope kompetisie.

Sy vertel dat op die oomblik speel sy net rugby en hul oefen elke dag vir agt ure weens die rugbyseisoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button