SchoolsSport

RAM-atlete slaggereed vir 2024

Laerskool Randfontein se senior-atlete het reeds hul atletiekseisoen afgeskop en kondig hul Senior Victrix Ludorum en die Senior Victor Ludorum aan.

Laerskool Randfontein begin nou al uitsien na 2024 se atletiekseisoen en om daardie lus onder die leerders te prikkel het die skool onlangs hul huissport-byeenkoms aangebied.

Atlete van graad 2–6 het deelgeneem en ook met hul Springbok-ondersteunersklere gespog. Die 2024 graad eens sal eers in die begin van die nuwe jaar wel aan hul eie atletiekbyeenkoms deelneem.

Affie Amed in aksie tydens die hoogspring-item.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan vertel dat die gees onder die leerders ‘elektries’ was en dat ‘n nuwe rekord op die dag verbeter is. Maddison Broodryk het die 1 500m rekord vir dogters o12 met ‘n uitnemende tyd van vyf5 minute en 31 sekondes verbeter.

Tianie Fourie gee haar alles in die spiesgooi-item.

Maddison is ook bekendgestel as die Senior Victrix Ludorum terwyl Jerome Dawson as die Senior Victor Ludorum aangewys is.

Robert van Coller is as afrigter geloof en volgens Annie het die skool se atletiek onder sy leiding gegroei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button