Groot visse en talle prestasies vir Springbok Baits
Springbok Baits Sosiale Klub wys hoe dit gedoen moet word tydens onlangse hengelkompetisies.
Springbok Baits Social Club het onlangs weer hul slag langs die viswaters gewys.
• Lees ook: Springbok Baits hengel dat die katrol bewe
Pieter Schemel, klubvoorsitter, het gesê hulle het hierdie keer aan die Pro Mania-kompetisie by Flamingobaai deelgeneem.
Francoise Louw het sy eerste plek in die Penkoppe-kategorie (vir ses tot 12-jariges) behou. Reegan Maree was algeheel tweede gevolg deur Reece Maree in die derde plek vir juniors.
Ons is baie trots op hulle dat hulle die Springbok Baits-naam so hoog hou,” het Pieter gesê.
Mark Mans en Rudie Dryer het ook weer gaan visvang by die Klipdrifdam waar Mark ‘n indrukwekkende 21 visse gevang het en Rudie met 30.
“Hoewel dit gereën en koud was, het die hengelaars die naweek baie goed gevaar,” het Pieter afgesluit.






