Local sportSport

Springbok Baits hengel dat die katrol bewe

Nie eens die reën kon Springbok Baits keer om 31 visse in te katrol nie.

Springbok Baits Sosiale Klub het onlangs weer hul visvangvaardighede ten toon gestel tydens ‘n kompetisie by Olifantsnekdam.

• Lees ook: Springbok Baits katrol meer prestasies in

Pieter Schemel, voorsitter van die klub, het gesê die reën was ‘n hindernis maar dit het hulle nie gekeer om 31 visse in te katrol nie.

“Behalwe vir die reën het die hengelaars dit geniet,” het hy gesê.

Andre Erasmus was die algehele wenner van die kompetisie terwyl Kiewiet Burger die tweede plek behaal het. Hy het ook met die swaarste sak weggestap. Mark Mans was derde.

Dankie aan al die hengelaars wat in moeilike weersomstandighede gekom het. Julle is almal puik,” het Pieter afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button