School sportSport

Riebeeckrand se 1e hokkiedogters sink vir Crawford

Riebeeckrand en Crawford Ruimsig se eerste span hokkiedogters het in hokkie meegeding met Riebeeckrand aan die wenkant.

Hoërskool Riebeeckrand se eerste span hokkiedogters het tydens die Paasnaweek vir Crawford International van Ruimsig aangedurf en bo uitgekom.

Diana Nel, skoolwoordvoerder, het verduidelik dat die wedstryd op Crawford se astro-baan plaasgevind het met Riebeeckrand wat 2–0 gewen het.

Ashley Viviers en Abigail van der Merwe het die doele aangeteken.

Dit was ‘n goeie spanpoging en almal het saamgewerk. Ons is trots op ons eerste span,” het sy afgesluit.

Hoërskool Riebeeckrand se eerste span hokkiedogters. Foto ingestuur.
K-Ley Claassens. Foto ingestuur.
Voor Abigail van der Merwe, agter Kaylee Nortje, Kaylee du Plessis en Ashley Viviers. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button