Randfontein Krieketklub se o11’s presteer in Africa Cup
Die Randfontein Krieketklub het groot aanslag gemaak by hul onlangse toernooie.
Randfontein Krieketklub se o11-span het onlangs aan die Africa Cup asook JCL Toernooi deelgeneem waar hul uitstekende prestasies behaal het.
• Lees ook: Randfontein Krieketklub slaan die seisoen vir ‘n ses
Tydens Januarie en Februarie het hierdie span teen van die mees gesogte krieketklubs in Gauteng meegeding.
Volgens Marsha Coetzer, klubwoordvoerder, het die span ‘n trotse tweede plek behaal gedurende die Africa Cup. RG Mahne en Jimmy Reynolds het onder die top 10 kolwers geëindig terwyl vyf van die klub se spelers onder die top 10 boulers gespog het.
Gedurende April het die span ook aan die JCL Toernooi deelgeneem.
Die seuns het groot karakter getoon nadat hulle in slegs twee dae vyf wedstryde moes speel. Ongelukkig is ons in die halfeindrondte uitgeskakel,” het Marsha vertel.
Vier boulers het wel onder die top 10 geëindig en Lowen Cordier en James Naidoo het elk met ‘n gesogte driekuns weggestap. Die span was onder leiding van Jimmy Reynolds en Jaco Viljoen.
Die span sal weer in Mei aan die Jozi Cup Toernooi deelneem wat, volgens Marsha een van die grootste T20-klubkompetisies is.
“Die seuns is honger vir die gesogte trofee! En ons wens hulle alle sterkte toe. Vir die res van die jaar lê daar nog skolekrieket voor, ‘n klubtoer na Zwartkloof onder leiding van Alviro Petersen, voormalige Protea speler, asook die Black Widow Toernooi.
“Die spelers het regtig baie potensiaal en het baie ontwikkel sedert hulle saam as o9’s begin speel het. ‘n Blink toekoms wink vir hulle as span.”




