Randfontein Krieketklub slaan die seisoen vir ‘n ses
Randfontein Krieketklub spog met talle prestasies die afgelope seisoen.
Randfontein Krieketklub het onlangs hul nuwe raad aan die gemeenskap bekendgestel en het terselfdertyd met die prestasies van talle junior spelers gespog.
Jimmy Reynold, die nuwe klubvoorsitter, het verduidelik dat die klub trots is om te sê hulle vaar tans goed op die krieketveld.
Hy het gesê hul o11-span was naaswenners in die Afrikabeker. Verder spog die klub ook met ‘n veteraanspan.
Rison Woodcock, klubtesourier het gesê, “Ons doen goed en is mededingend, veral ons juniors.”
Met die nuwe direksie wat aangestel is, hoop hulle om groter hoogtes te bereik.

Die raad sluit in Jimmy Reynolds (voorsitter), Marchant Pretorius (ondervoorsitter), Jaco Viljoen (direkteur van krieket), Rison Woodcock (tesourier), Yolanda Zaayman (sekretaresse), Johan Koen (verteenwoordiger vir die junior spanne), Danie Button (verteenwoordig die senior spanne) en Riaan Delport (klubkaptein).
Hoewel die krieketseisoen amper verby is, sien die klub reeds uit na die volgende seisoen wat in September begin. Hulle is ook opsoek na spelers wat by hulle wil aansluit.
Enige persoon wat wil deel wees van die klub kan Johan Koen op 082 785 6399 of Jaco Viljoen op 084 771 1139 kontak.



