Nog puik prestasies en vis vir Springbok Baits
Springbok Baits Sosiale Klub het onlangs weer die viswaters aangedurf en talle visse huis toe gebring.
Springbok Baits Sosiale Klub van Culemborg Park het weer die viswaters aangedurf, hierdie keer by oorvol damme.
Pieter Schemel, klubvoorsitter, sê die Vaaldam was 120% vol en Klipdriftdam was 110% vol.
• Lees ook: Groot visse en talle prestasies vir Springbok Baits
“Die afgelope naweek het van ons lede baie goed gevaar by Vaaldam Flamingo Bay Pro Mania,” het Pieter gesê.

Hy het gesê Jannie Griesel het 15 visse gevang. Reece Maree het altesaam sewe visse gevang terwyl Reegan Maree en Andre Louw elk met drie visse weggestap het.

Suzette Schemel het ook geluk gehad by die PHC Fishing Resort, naby die Vaaldam, waar sy 15 visse gevang het. Divan Myburg het weer sy geluk probeer by Klipdriftdam waar hy ook goed gevaar het en groot visse gevang het.




