Grootste karp onder talle prestasies vir Springbok Baits
Springbok Baits Sosiale Klub spog met nog talle prestasies langs die viswater die afgelope naweek.
Springbok Baits Sosiale Klub het weer die viswaters oorheers en ondanks die koue met talle oorwinnings weggestap.
• Lees ook: Nog puik prestasies en vis vir Springbok Baits
Volgens Pieter Schemel, voorsitter van die klub, het die jongste geleentheid op 3 Mei by Klipdriftdam plaasgevind.
Dit was ‘n baie koue dag en moeilik maar die hengelaars het baie goed gevaar,” het Pieter gesê.
Rudie Dreyer was die wenner van die grootste karp wat gevang is, met ‘n gewig van 3.174kg.
Verder was Mark Mans die algehele wenner van die kompetisie met die sewe visse wat hy gevang het.
Pieter het bygevoeg dat daar ook verskeie kontantpryse asook aas van Springbok Baits & Angling Supplies uitgedeel is.



