Local sportSport

Krieketspelers pluk die toekenning-vrugte

Uitblinkers van verskeie ouderdomsgroepe is bekroon vir hul prestasies.

Die Randfontein Krieketklub het op 9 Mei hul toegewyde spelers vereer tydens ’n gesogte prysuitdeling, waar uitblinkers uit verskeie ouderdomsgroepe erkenning ontvang het vir hul prestasies gedurende die afgelope seisoen.

• Lees ook: Randfontein Krieketklub slaan die seisoen vir ‘n ses

In die o8-premierliga het elke speler ’n toekenning ontvang vir hul goeie uitslae. Onder die uitblinkers was Brandon Reid, Vianique Booysen, Johandre Coetzee en Ewhan Nienaber.

Verskeie spelers het ook in die o9-span toekennings ingepalm. Keanu Nortje is aangewys as beide Rising Star en Mees Verbeterde Speler. Zethan Naudé het die toekenning vir Beste Kolwer ontvang, terwyl Luan van Sittert as Beste Bouler bekroon is. Markus Scheepers is aangewys as die Speler van die Jaar.

Brandon Reid.

By die o10’s (Divisie 1) het Steyn du Plooy die hoogste eer ontvang. In die o10-premierliga is AJ Odendaal, Jimmy Reynolds en James Naidoo bekroon vir hul uitstekende bydraes.

Die o11-span het ook hul beurt gekry, met toekennings aan Logan Coetzer, Lowen Cordier, Ian Koen, RG Mahne, Cayleb Smith en Taylen Viljoen vir hul uitmuntende prestasies. In die o11-blouspan het Lowen Cordier, Kian Button en James Naidoo die meeste driekuns-prestasies behaal. Stiaan Enslin het die titels Rising Star en Mees Verbeterde Speler verower, terwyl Jimmy Reynolds as Beste Kolwer én Speler van die Jaar aangewys is. Lowen Cordier het verder uitgeblink as die Beste Bouler.

Craig Naidoo.
Ewhan Nienaber.

In die o13-span is Tebello Sejane aangewys as Rising Star en Mees Verbeterde Speler. Herhanco Pieterse is bekroon as Beste Kolwer met ’n indrukwekkende totaal van 357 lopies. Pieter Bredenhann is as Beste Bouler aangewys, terwyl Kevin Coetzer die toekenning vir Speler van die Jaar ontvang het.

Ook die o15-span het hul sterre gevier. Arav Kallicharan is bekroon as beide Rising Star en Mees Verbeterde Speler. Kayden Kriel het die titel van Beste Kolwer verwerf, met Noah Lapha as Beste Bouler. Jaunrey Zaayman het nie net na die premierliga deurgedring nie, maar is ook vir dié prestasie spesiaal vereer.

Alex Kayser.
Fourie Trichardt.
Daniel Snyman.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button