School sportSport

Doele en drieë by dosyne tydens mininetbal- en rugbydag

Vanjaar se Welpierugby- en Mininetbaltoernooi aangebied deur Rappies het soveel as 1 600 deelnemers gelok.

Laerskool Rapportryer se jaarlikse Welpierugby- en Mininetbaltoernooi het honderde ywerige spelers en ’n groot skare gelok.

• Lees ook: Rappies-rugby sit die bal aan die rol

“Die dag het ons grootste verwagtinge oortref. Nie net was daar 1 600 deelnemers nie, maar ouers en grootouers het die spelers kom ondersteun,” het die skoolwoordvoerder, Celeste Wentzel, gesê.

Een van die welpierugbyspanne berei vir ‘n wedstryd voor.

Sy het bygevoeg dat meer as 100 doele aangeteken is en dat daar dosyne drieë gedruk is. Vyftien skole, van so ver as Bryanston en Fochville, het aan die geleentheid deelgeneem.

Die sport was egter nie die enigste genot van die dag nie. Verskeie kosstalletjies het toeskouers met heerlike eetgoed bederf.

Ons plaaslike skole het dit geweldig geniet om teen skole van ander gebiede mee te ding. Laerskool Rapportryer bedank almal wat die skool op hierdie dag ondersteun het,” het sy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button