Local sportSport

Lang dag op kantoor vir Teine teen Pukke

Pukke laat Randfontein Rugbyklub se spanne swaar trek in Groot Uitdaagreeks.

Nog ’n studentespan – dié keer Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus, alombekend as die Pukke – het gesorg vir Randfontein Rugbyklub se eerste span se derde agtereenvolgende nederlaag in die Pirates Groot Uitdaagreeks.

• Lees ook: Studente, die keer Wits, weereens te goed vir R’fontein se Teine

Op dié wedstryddag was vyf Teine-spanne in aksie, maar ongelukkig het almal hul onderspit gedelf.

By die juniors kon die o.19-span slegs drie punte aanteken via ’n strafskop in hul swaar nederlaag van 72–3. Die o.21-span het selfs swaarder gekry met ’n telling van 88–0.

Die seniors het effens beter gevaar, maar dit was steeds nie genoeg om ’n loesing van 41–18 af te weer nie. Teine se Desire Serepelele het twee drieë gedruk, terwyl Ewald Oberholzer een doelskop en twee strafskoppe aangeteken het. Simphiwe Khumalo is boonop as Man van die Wedstryd aangewys.

Die tweede span het ook die knie gebuig met ’n telling van 40–3.

Franco Tiedt mik vir ‘n suksesvolle doelskop. Foto: Caitlin Visser.

Die eerste span het wel ’n groot vegpoging ingesit, maar moes tog met hul hande op hul heupe staan toe die eindfluitjie blaas. Die telbord het 35–19 in die studente se guns gelees. Johan Swart, Barend Steyn en Riaan de Jager het elk ’n drie gedruk, terwyl Francois Pretorius en Franco Tiedt elk ’n doelskop oorgeskop het. Renaldo Visser is as die Man van die Wedstryd aangewys.

Teine se vrouespan het egter indrukwekkend vertoon en in Midrand verras met ’n wegholsege van 38–5 teen Phoenix Rugbyklub. Amehle Mayongo, Onalenna Molebatsi, Emihle Mankomo en Mthabeleng Sehlabo het elk ’n drie gedruk, terwyl Refilwe Mangope twee drieë aangeteken het. Sy het boonop vier doelskoppe suksesvol oorgeskop. Anelisa Xhomlyeza is uiteindelik as Dame van die Wedstryd aangewys.

Teine se eerste span bid voor die wedstryd. Foto: Caitlin Visser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button