Local sportSport

Teine se bestuur leer hoe om lewens te red

Teine kan met sekerheid sê dat hul spelers in goeie hande is nadat die klub se bestuur en afrigters 'n noodhulp kursus voltooi het.

Randfontein Rugbyklub se bestuur en afrigters het besluit om hul noodhulpvaardighede op te skerp deur ‘n noodhulp vlak drie kursus te voltooi.

• Lees ook: Teine beplan vir groot sukses in 2025 na algemene vergadering

Volgens Teine se aangewese veiligheidsbeampte, Rika Rabé, was die doel om te verseker dat spelers in veilige hande is sou iets verkeerd loop op die rugbyveld.

Die kursus is aangebied deur Jean-Pierre van Schalkwyk van Kwantu Batho Ambulansdiens.

“Die kursus het oor ‘n tydperk van drie weke gestrek.

Die vaardighede wat die bestuur en afrigters aangeleer het, sluit in die behandeling van nek- en rugbeserings, immobilisering van die pasiënt vir vervoer na ‘n hospitaal, kardiopulmonêre resussitasie (KPR), spalk van gebreekte bene, verbinding van beseerde ledemate, monitering van vitale tekens en verstikking,” het Rika verduidelik.

Die volgende klublede het die kursus bygewoon:

• Schalk Rabè (jeugvoorsitter)
• Rika Rabé (aangewese veiligheidsbeampte)
• Lulu Kleyn (klubbestuurder)
• Marius Kamffer (afrigter)
• Jan Basson (afrigter)
• Coreen Nel (spanbestuurder)
• Hanri Nienaber (spanbestuurder)
• Mariska Venter (spanbestuurder)
• Jasper Nienaber
• Charlene Wessels
• Elsa van Niekerk

Die rugbyklub se bestuur oefen mediese nooddienste.

Rika het bygevoeg dat die besluit om hierdie kursus te onderneem een was wat die klub as noodsaaklik beskou het.

Ons besluit was gegrond op die welstand van ons spelers en om te verseker dat ons noodgevalle met selfvertroue kan hanteer.

“Een van die voordele is dat daar altyd verskeie opgeleide noodhulpbeamptes tydens opleiding teenwoordig sal wees, en dat ons die paramedici tydens wedstryde kan bystaan om hul taak te vergemaklik,” het sy ook gesê.

Volgens Rika is die klub se doelwit om ’n hoogs opgeleide afrigtingspan by die Randfontein Jeugrugbyklub te kweek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button