Teine beplan vir groot sukses in 2025 na algemene vergadering
Randfontein Rugbyklub se algemene jaarvergadering het goed geëindig met nuwe aanstellings om die 2025-seisoen 'n sukses te maak.
Randfontein Rugbyklub het onlangs hul algemene jaarvergadering gehad waar hulle gefokus het op die klub se prestasies en vakante poste.
Die algemene vergadering het onderwerpe soos befondsing, rugbymylpale en doelwitte vir die 2025-seisoen bespreek.
Daar is ook lede verkies om nog ‘n termyn vir die klub te dien. Hierdie persone sluit in Johan Cronje (voorsitter), André Pretorius (tesourier), Lulu Kleyn (klubbestuurder), Jan Kleyn en Attie van Vuuren (klubkapteins) asook Keith Flynn (sokkerverteenwoordiger).
Die nuwe aanstelling vir die volgende seisoen sluit in Jannie Tiedt en Dana van Vuuren as visepresident en Louw Parsons as direkteur van rugby.
Rhyno Henning, Martin Henning, Jooste Henning, Johan Lensley, Juan Maritz, Rhynhardt van der Vyver, Nico Nortje en Marshall Wright was almal verkose komiteelede.
Evert du Plessis, Joe Bootha, Koos du Plessis en Roland Hopkins is as eksterne komiteelede verkies.
“Dit was ‘n suksesvolle vergadering en dit was goed om te sien dat selfs spelers betrokke raak by die toekoms van die klub. Die klub sien uit na die 2025-seisoen,” het bemarkingsbeampte Rika Rabé uitgespreek.
Die afrigters vir 2025 sal vroeg in die nuwe jaar aangekondig word.



