School sportSport

Volharding op sy beste by Rapportryer

Atlete van Laerskool Rapportryer het hul uithouvermoë en deursettingsvermoë ten toon gestel tydens die onlangse massalandloop-byeenkoms.

Leerders het in hul massas opgedaag om hul uithouvermoë en toewyding ten toon te stel tydens Laerskool Rapportryer se massalandloop-geleentheid.

• Lees ook: Rappies landloopatlete toon volharding

Die dag se landloop het bestaan uit drie hoofgroepe, naamlik die Koedoes, Elande en Springbokke. Die Elande het algeheel gewen, met die Koedoes in die tweede plek. Die Springbokke het ongelukkig in die derde plek geëindig.

Die o7- en o8-seuns se eerstaplekwenner is aangekondig as Logan Kruger. Caleb van Rooyen was algeheel tweede en Ethan Meintjies het die derde plek behaal.

In die o9-seunsgroep het Divan Horn eerste plek behaal, Juvan du Toit tweede plek en Lian Venter derde plek.

Die o10-seuns se eerstaplekwenner is Junior Visser, terwyl Steyn du Plooy tweede plek ingeneem het. Blake Lottering het die derde plek behaal.

Isago Ngubane gee sy alles.

Kaylim Landsberg het die eerste plek in die o11-seunsgroep verower, met MJ Kraft kort daarna in tweede plek. Tiaan Greeff het derde plek behaal.

Rowan Erasmus het die kroon vir die o12-seuns ingepalm. JP van der Merwe het tweede plek behaal, met Phenyo Botlhoko in derde plek.

Die eerstaplekwenner van die o13-seuns is bekend gemaak as Jayden Edwards. Nathan Booysen het tweede plek verwerf en Ricardo Fouché het derde plek behaal.

Levi Venter.

Die o14-seuns se wenner is Reagan Jonker, terwyl Steven Koen die tweede plek ingeneem het. Nathan du Toit het derde plek behaal.

Die dogters het nie gehuiwer om deel te neem nie. In die o7- tot o8-dogtergroep het Karlie Kroon as wenner uitgetree, met Leanique Jansen van Vuuren in die tweede plek en Olivia de Kock in die derde plek.

Johan Swanepoel gee ook sy beste.
Muawiyah Malik en Andre Jansen van Vuuren draf saam.

Jessica Swanepoel het die o9-dogters oorheers, maar Mia Crous was kort op haar hakke in die tweede plek. Maricelle Bezuidenhout het derde plek behaal.

By die o10-dogters het Evangeline Dykman eerste oor die wenstreep gestap, terwyl Leanique Griffiths tweede plek ingeneem het. Twané Prinsloo het derde plek behaal.

Wynand Booysen.

Anelri Maré het eerste plek in die o11-dogtersgroep verower, met Hailey Fourie in tweede plek en Mickayla Adlem in derde plek.

In die o12-dogtersgroep het Sharlize Boucher as wenner uitgestaan. Madison Dennis het tweede plek behaal, gevolg deur Amy-Lee Lottering in derde plek.

Evandré Nieman mik vir die wenstreep.

Zelni Venter was die wenner in die o13-dogtersgroep. Haley Fouché het tweede plek behaal, met Marlizan van Staden kort daarna in derde plek.

In die o14-dogtersgroep het Kaylin Black die goue medalje gewen, met Dianté Holtch in tweede plek en Amorey Beukman in die derde plek.

Nadat elke atleet hul 1km gehardloop het, het hulle ’n soet beloning by die wenstreep ontvang.

Divan Horn op die podium as eersteplek-wenner.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button